Oor die WebBlad
Hierdie WebBlad handel hoofsaaklik oor die voor- en nasate van die volgende vier (4) families:
-
van Staden en
Die volgende Families word ook beskryf vanaf hulle aankoms in Suidelike Afrika:
Oberholzer, Mans, du Toit, Vosloo, (t.o.v. die Engelbrechts), Malan, Jacobs, Vosloo (t.o.v die Marais), Lourens, Scott, Yzel, Gresse, Badenhorst, Walstand, Bester en Koen.
‘n Skematiese voorstelling van die dokument is ook beskikbaar in 'n “PDF” formaat, waarin daar gepoog is om bewyse en bevestigings soos Doopkennise, Huweliks-bevestigings en Sterfkennise aan te toon. Daar is ook talle fotos en ander memorabilia in dié meer visuele dokumente en kan hieronder afgelaai word.




Downloads:

Other
Downloads:

Logistiek
Opgedateer | 08 Augustus 2025
Vrywaring en Kwytskelding
Sover moontlik is getroue ooggetuies se verklarings weergegee in die dokument en die aanhangsels. Daar is ook gepoog om sover moontlik betroubaar bronne weer te gee en te interpreteer. Die akkuraatheid van die inligting kan varieer en die dokument en die bylaes moet nie gesien word as ‘n wetlike of amptelike dokument nie.
Ek aanvaar geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van die inligting in die dokument of bylaes nie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige regsaksies of verlies wat inligting in die dokument mag veroorsaak nie. Alle inligting moet gekontroleer word voor dit gebruik word. In die dokument en bylaes is bronne en getuienisse gebruik slegs vir inligtings doeleindes en nie kommersiële gewin nie.
Die dokument en bylaes mag nie mee handel gedryf word of verkoop word nie. Die dokument en bylaes mag nie versprei word sonder die skrywer se toestemming nie.
Genologiese Nommers
Die Genologiese Nommer wat voor elke naam voorkom, dui die betrokke persoon se familieverband of familieverwantskap aan. Die Genologiese Nommer is gebaseer op ‘n Stelsel wat reeds in +/- 1870 deur CC de Villiers ontwikkel is. Aan die Stamvader word “a” of “SV” (Stamvader) toegeken, sy kinders “b1, b2, b3…”, en hulle kinders “c1, c2, c3….”, en so voorts. Volgens die Stelsel het elke persoon of familelid sy eie unieke nommer wat dan ook die verwantskap in die Familie duidelik aandui.
Genologiese Simbole
* Gebore
≈ Gedoop
x Getroud
xx Tweede huwelik
xxx Derde huwelik
✟ Oorlede
# Begrawe
⚮ of % Geskei
⚬ Verloof
